A⁺Students is dit wat ek verwag het en oneindig meer


Hallo Corné, 

A⁺Students is dit wat ek verwag het en oneindig meer... die program het nie net my kind se wiskundige begrip en vaardigheid aangespreek nie, maar het my kind holisties ontwikkel: sosiaal en emosioneel. Die verwagte wiskundige uitkomste soos visuele/ouditiewe geheue, analitiese denke/beredenering, sintese is vanselfsprekend direk aangespreek en ek kon sy vordering so mooi monitor en volg - dit (sy vordering)was vir my ongelooflik en wys dat 3/4-jariges  (hoe oud hy was toe hy begin deelneem) heeltemal ontvanklik is vir die tipe stimulering.

Wat soveel meer van waarde vir my is en wat ek soveel wàardeer het van die program - veral die laaste jaar - is die vele ander fasette waarin Júan ongelooflik gegroei en ontwikkel het - die program het hierdie ontwikkeling vir seker positief beïnvloed.Sy konsentrasiespan het verdriedubbel, hy voel selfversekerd deur dat c-maths se metodes duidelik is en hy nie onseker hoef te wees nie, hy het geleer om te sosialiseer in n kompeterende situasie, hy leer die genot van gereelde werk. Hy maak baie staat op memoresering - c-maths is sy vangnet want as hy nie onthou het hy duidelike metodes wat hy kan gebruik en daarom voel hy dis nie vir hom moeilik  nie en maak die program/wiskunde hom nie gespanne nie - vir seker elke ma se grootste wens vir haar kind!


Ek glo elke mamma se hoofdoel is om vreesloos( met baie ondersteuning en liefde )jou kind te ontwikkel en sy/haar talente te help ontgin en aan te moedig talent of te nie. Om nooit bang te wees vir vroeë blootstelling nie -as jy as mamma en so n uitstekende program soos c-maths saam werk kan jy n positiewe uitkoms(te) verwag. Ek sal dit regtig aanbeveel -kyk of dit by jou kind pas. Dit is glad nie n moeilike program nie, ook nie harde werk nie. Speel - speel het Júan baie geleer -gereelde werk/"speletjies" het ek gevind is integraal vir Júan. Hoe meer gereeld hoe meer herhaal ons en dan het hy vinnig die gegewe werk geïnternaliseer en was dit later tweede natuur.