The Importance of Soroban Education and how it transformed my childrens lives by Martie Haasbroek


Die belangrikheid van wiskunde, gesyferheid en rekenkunde word alom benadruk.  Dit is 'n algemene konsep dat studierigtings swaar leun op hierdie grondslag en feitlik geen beroep of lewensvaardigheid kan optimaal funksioneer sonder hierdie vaardighede nie.

 

Die vaslegging van hierdie vaardighede, die ontwikkeling van logiese denke en die vervolmaking van die kuns van berekeninge is een van die beste en langdurige beleggings in jou kind se lewe en toekoms.  Dit haal die onsekerheid uit die onbekende en trek die angel van vrees vir wiskunde.  Die soeke na 'n wiskundeprogram wat aan al hierdie vereistes voldoen om ons kinders toe te rus vir 'n gebalanseerde skolastiese lewe, het eienaarskap gevind toe ons aan A+ Students by CMATHS bekendgestel is.  Alhoewel die ontwikkeling van die wiskundige brein die enigste objektief was, het A+ Students by CMATHS ons kinders se lewens op baie meer vlakke aangeraak.

 

Ewald het as graad R-maatjie aan die begin van die jaar aan die klassies begin deelneem.  Die konsep om op 'n "telraam" te tel, terwyl hy genoeg vingers het om dieselfde sommetjies te doen was oënskynlik tydmors.  Dit was frustreerend om te sien dat die langer vat om by die antwoord van 5 te kom, wanneer 'n eenvoudige sommetjie soos 3 + 2 bemeester word.  Die werk het mettertyd meer ingewikkeld geword, sy tempo het versnel, met die resultaat dat hy aan die einde van die jaar sulke berekeninge, van nature, vinniger en meer akkuraat begin doen het.  Ons verwagting is egter oortref oor die addisionele ontwikkeling by hierdie regterbrein-loskop-seun.  Ewald se konsentrasie, oor alle dissiplines, het verbeter.  Sy luistervaardighede het verbeter en hy het algaande meer onafhanklik begin werk.  Ewald se konsentrasie het verhoog en logiese denke, veral vir die regterbrein, het met rasseskredes verbeter.  Hy het die klassies so baie geniet, dat hy homself ook ingeskryf het vir die middag-program, om meer en meer te kan kry van hierdie lekker-leer-ervaring.

 

Waldo is as graad 2 leerling reeds aan wiskunde en rekenkunde bekendgestel deur die skool en die klaswerk.  Ons het aanvanklik gedink dat hierdie ekstra aktiwiteit 'n mors van tyd, geld en energie gaan wees, omdat hy mos alreeds hierdie vaardighede besit.  Dit was aanvanklik 'n kopskuif om weer van die begin af te leer tel en met behulp van 'n abakus sommetjies te doen.  Sy tempo met behulp van die abakus was egter, aanvanklik, stadiger met as daarsonder.  Gou het Waldo meer ingewikkelde berekeninge begin doen en versnel in tempo en akkuraatheid.  Hy kon nie wag vir 'n Dinsdag se aktiwiteite nie, want dan kon hy vir tannie Wanda en tannie Annebie gaan kuier om net beter te word in A+ Students by CMATHS.  Hy het onafhanklik gevorder, maar geleer om binne klas-verband beter samewerking te gee.  Waldo se algemene rekenkunde-vermoë het vergroot, hom gehelp om in skool verband-wiskunde te verbeter en dat hy gedurig sommetjies wil maak.

 

Ons kan op soveel vlakke A+ Students by CMATHS met die grootste vrymoedigheid aanbeveel, wat elkeen se wiskunde, gesyferheid en rekenkundige vermoë sal verbter, maar meer, hulle lewensvaardighede, onafhanklikheid, luister- en visuele vaardighede ontwikkel meer.

 

Groete

 Martie Haasbroek